Waardevolle wenke by die kies van die fotograaf vir die troue

Wat moet ek in ag neem by die besluit om ‘n bepaalde fotograaf te kies vir die troudag? Daar is so baie ander goed waarvoor ons voorsiening maak vir die groot dag dat ons dikwels nie genoeg aandag gee aan hierdie besluit nie.

Ons kan versekering uitneem soos reisversekering vir die wittebrood en ons kan al ons waardevolle items soos trouringe en trougeskenke verseker. Ons kan selfs ander versekeringsprodukte uitneem teen moontlike gebeurlikhede ten opsigte van die troue – maar by die keuse van die fotograaf moet ons goeie oordeel aan die dag lê.

Ons gaan baie van die troudag vergeet of dit gaan vervaag in ons geheue maar die fotos sal altyd daar wees om ons te herinner aan die spesiale oomblikke. In die dae voor digitale kameras was daar veel minder opsies om in ag te neem. Daar was gewoonlik ‘n paar bekende fotograwe wat verseker was dat hul in aanmerking geneem sal word vir die afneem van die troue. Vandag is daar letterlik honderde fotograwe  – van briljant tot vrotsig. Daar is eenvoudig die wat kan afneem en diegene wat ‘n goeie foto “praat”.

Op die blog Phototalk is daar allerlei wenke ten opsigte van die neem van troufotos. Daar is ook ‘n verwysing na ‘n paar goeie vrae om te rig aan die voornemende fotorgraaf en ‘n skakel na advies deur ervare fotograaf Gerhard Steenkamp. Met sy vergunning wil ek graag Gerhard se wenke hier ook deel:

“Die afgelope 15 jaar het ek al seker twintig artikels gelees oor dieselfede onderwerp in al wat Bruidsboek en Trou Bylaag is. Die eerste punt wat genoem word is altyd dat jy defnitief ‘n voltydse professionele fotograaf moet kies. Hoedan nou anders want al die artikels was geskryf deur voltydse professionele fotograwe. So dan verwag jy seker dat ek dieselfede gaan doen.

Nee defnitief nie,want dit is nie waaroor goeie troufotografie gaan nie. Ek weet van ‘n paar deeltydse fotograwe wat ongelooflike goeie trou fotos neem. Nou waarop moet gelet word?

Hier ‘n paar wenke tydens die proses om ‘n fotograaf aan te stel vir julle grootste dag.

1. Ja een van die grootste dae van julle lewe, wel defnitief vir die bruid, so kry ‘n fotograaf wat ook so voel en dit nie net doen vir die geld nie maar wat julle kan agterkom ‘n passie het vir fotografie en so ook sy bes sal doen om vir julle lewnslange herinneringe sal skep waarmee julle tevrede kan voel.

2. Maak vir julle ‘n kortlys van ongeveer vyf fotograwe wat julle persoonlik kan gaan besoek en ontmoet. Dit is ongelooflik belangrik om die fotograaf te ontmoet voor julle hom aanstel vir die troue want dit is ontsettend belangrik dat julle goed oor die weg kom en ook dat julle gemaklik voel met sy manier van dinge doen. Waak teen fotograwe met gladde monde wat julle allerhande stories in die kop gaan praat net om die “deal” te “clinch”, glo my hulle is volop in die mark. Hoe die fotos vir julle lyk is die belangrikste want julle gaan vir tot 50 jaar na hulle kyk in julle huis en daarna nog julle kleinkinders ook. So gepraat, waak teen “gimmicks” soos allerhande snaakse raampies om die fotos, snaaks gekleurde fotos ens. Dit is dalk nou in die mode maar oor vyf jaar gaan julle dit wegsteek dat niemand dit moet sien nie. Dit is dus belangrik dat die fotos tydloos, stylvol en elegant moet wees.

3. Tydens die besoek dring daarop aan om ‘n hele trou pakket te sien van ‘n onlangse troue (nie langer as ses maande terug nie). Kyk na gedrukte fotos sowel as fotos op sy rekenaar want hoe dit op die rekenaar lyk en hoe die gedrukte kwaliteit lyk is twee verskillende goed. Vind uit watter labratorium van gebruik gemaak word deur die fotograaf en of dit ‘n professionele Labratorium is.

4. Nou die belangrikste. Kyk na die styl van die fotograaf. maak hy baie gebruik van wye hoek lense, telefoto lens, flistligte, natuurlike beligting ens. Nie een van die bg. is verkeerd nie maar moet inskakel by wat julle van hou. Moet nooit ‘n fotograaf boek en dan van hom verwag hy moet sy styl van afneem verander om by julle behoeftes aan te pas nie. Dit is so goed Ernie Els moet nou sy Gholf swing verander. “BIG MISTAKE “.

5. Maak seker die fotograaf, voltyds of deeltyds, maak gebruik van professionele toerusting. Veral nou met die digitale era is dit ontsettend belangrik en is daar net ‘n paar regte professionele kameras op die mark so dit is belangrik. Ek gebruik Nikon en kan dus net vir julle Nikon se professionele modelle uitlig. Dit is die Nikon D3X,D3s,D3 en D700. Die res is ongelukkig nie professionele modelle nie en gaan verseker nie vir jou dieselfde kwaliteit as die kameras as hierbo genoem gee nie. As ‘n fotograaf van die bogenoemde kameras gebruik maak sal hy defnitief ook professionele lense gebruik so dit sal nie ‘n probleem wees nie. My raad is, moet nie ‘n fotograaf gebruik wat nie professionele toerusting gebruik nie punt. As ‘n fotograaf nog van film kameras gebruik maak doen hy dit net uit onkunde uit en moet asb nie die storie glo dat dit nog beter as digitaal is nie want dit is heeltemal onwaar.

6. Kies ‘n pakket wat by jou behoeftes pas. Ongeveer 150 fotos is genoeg vir die algemene troue maar byvoorbeeld heeltemal te min vir ‘n Griekse troue met verskeie tradisies wat gedek moet word. Maak seker of julle ‘n CD met die fotos saam kry en indien nie wat dit ekstra sal kos. Maak ook seker wat ekstra afdrukke sal kos indien jule dit na die tyd deur die fotograaf gaan doen.

7. Maak seker van die tyd wat die fotograaf by die troue gaan spandeer. Hoe lank voor die kerk diens hy gaan begin met die bruid se fotos en hoe lank hy op die onthaal gaan vertoef. So gepraat van die onthaal. Reken asb die fotograaf in by julle tafel besprekings. Dit is onsettend sleg om ‘n onthaal te dek en die hele aand rond te staan sonder ‘n sitplek. Ongeveer twee ure voor die kerk diens tot en met ongeveer drie ure op die onthaal behoort voldoende te wees om die troue ten volle te dek.

8. Gewoonlik word die datum bespreek deur ‘n deposito. Maak seker van die bedrag, hoe dit oorbetaal moet word en wanneer die uitstaande bedrag betaal moet word.

9. Watter prys moet betaal word? Hierop het ek net een antwoord. Jy kry wat jy betaal. As jy betaal vir ‘n Volla moet jy defnitief nie ‘n Merc verwag die dag as julle die fotos gaan haal nie. Onthou dit is al herinnering wat julle vir die volgende vyftig jaar mee gaan saamleef so dit is baie belangrik om ‘n goeie betroubare fotograaf te boek met ten minste 100 troues op sy naam want hoekom sal julle van julle self proef konyne maak. Heeltemal onnnodig want daar is regtig baie goeie trou fotograwe in Suid Afrika. Met ‘n bietjie navorsing en moeite kan julle julle self mee verseker met jarelange vreugdevolle herinneringe.

Sterkte met julle soektog na ‘n fotograaf waarmee julle gemaklik voel, wie se styl julle van hou, wat van professionele toerusting gebruik maak om vir julle tydlose, elegante en stylvolle fotos te neem.

Gerhard”

Besoek Phototalk vir meer wenke oor troufotos

Posted on by jonckie

Comments Off on Waardevolle wenke by die kies van die fotograaf vir die troue