Vermy beserings rondom die braaivleisvuur!!

Vroeër vanoggend het ‘n gereelde besoeker aan die Arrive Alive webwerf fotos gestuur van ‘n paar reusagtige braaigeleenthede! Dit het my herinner aan ‘n storie wat ons op die Accidents Blog gedoen het verlede jaar tydens Erfenisdag en die waarskuwing aan die publiek om versigtig te wees rondom die vuur.

Hierdie maand is dit ook die Afrikaanse versekeraar Virseker wat mense uitnooi om kwotasies aan te vra vir “vuurwarm versekering” en miskien gepas dat ons kortliks let op veiligheid rondom die braaivleisvuur!

Erfenisdag word ook deesdae gevier as Braaidag- en die samekoms van Afrikaanse bevolgingsgroepe oor kultuur en kleurgrense heen. Dit is egter nie net een dag wat Suid-Afrikaners vier met ‘n braai nie nie. Ons soek ‘n geleentheid vir ‘n braai – hetsy dit is ‘n sportoorwinning, ‘n verlowing of sommer net die hond wat kleintjies kry!

Hierdie vieringe gaan egter ook meestal gepaard met die inname van ‘n paar alkoholiese verversings en dit is waar ons nie ons oog op veiligheid moet verloor nie!

Die Rooikruis Kinderhospitaal waarsku dat braaivure veral vir kinders ‘n gevaar inhou! Hierdie hospitaal moet dikwels hulp verleen aan jong slagoffers wat gebrand is deur die smeulende kole.

Professor Sebastian van As pleit by die publiek om te verseker dat die vure behoorlik geblus word!

Volgens Van As word vure nie behoorlik geblus nie en dikwels word sand net oor die vuur gegooi. Wanneer die hitte binne ‘n braaivleisvuur gemeet word is dit tot so warm as 900 grade celcius. Wanneer kinders met hul kaalvoete hieroor hardloop brand hul dikwels hul voete en doen ernstige beserings op.

Ons wil graag ons lesers aanmoedig om altyd veiligheid voorop te stel. Dit moet ook geskied onderweg na en van die kuiergeleenthede. Maak seker dat kinders veilig is en verseker ook dat die bestuurder nugter is en in staat is om die voertuig terug te bestuur!

Posted on by jonckie

Comments Off on Vermy beserings rondom die braaivleisvuur!!