Parkeer versigtig om eise teen motorversekering te beperk!

Daar is seker min dinge meer frustrerend as om versigtig te parkeer, in ‘n inkopiesentrum in te gaan en dan te sien hoedat iemand reg teenaan jou parkeer binne jou parkeerspasie! Dit is wel meer frustrerend om met jou terugkom ‘n skraapmerk teen jou deur waar te neem wat nie voorheen daar was nie!

Hierdie lastige skraapmerke lei tot verdere onnodige versekeringseise. Op die Insurance Chat Blog het ons aangetoon dat daar wel bepaalde stappe is wat ons kan neem om hierdie risiko te verminder. Veilige parkering is dikwels nie die naaste parkering maar wel daardie parkering waar die risikos van beskadiging en diefstal die beste die hoof gebied kan word.

Dit is die moeite werd om al hierdie risikos in ag te neem wanneer jy op soek is na die regte plek om te parkeer. Ek onthou goed hoe my pa altyd verkies het om te parkeer langs ‘n duurder voertuig as langs ‘n ou voertuig wat alreeds tekens van skade getoon het. Hy het gemeen dat die eienaar van die duurder voertuig waarskynlik meer versigtig sal wees met die oop-en-toemaak van deure en wanneer die parkeerarea verlaat word!

Dit is ook wenslik om te parkeer langs ‘n pilaar en sodoende te verseker dat die voertuig ten minste aan die een kant beskerm is.

Wat moet ek weet ten opsigte van versekering en skade agv onverskillige parkering?

Op webtuiste van die Afrikaanse versekeraar Virseker is daar belangrike inligting rakende ‘n produk  genaamd “Opknapper”. Dit word as volg verduidelik:

“Met Virseker Opknapper kan jy splinters, klein duikies en ligte skrapies, wat deur alledaagse bestuur veroorsaak word, in ’n japtrap herstel. Dit beteken dat beide jou skedonk en nuwe kar goed kan lyk.”

Waarvoor kan ek eis?

  • Splinters

’n Gesplinterde area op die kar wat nie groter as 3mm in deursnee is nie.

  • Klein duikies

’n Geduikte area op die kar wat nie groter as 15cm in deursnee is nie.

  • Ligte skrapies

’n Gekrapte area op die kar waar die skraap nie langer as 15cm is nie en nie oor twee of meer panele langs mekaar strek nie.

Aanvangsfooi

As dit die eerste Stampvol-polisproduk is wat jy deur Virseker koop, sal jy ’n aanvangsfooi betaal wat op jou skedule aangedui is. As dit egter nie jou eerste Stampvol-polisproduk deur ons is nie, hoef jy nie ’n aanvangsfooi te betaal nie.

Wat word nie gedek nie?

Jy sal nie dekking vir die volgende ontvang nie:

•             skade wat nie as ’n “splinter”, “klein duikie” of ’n “ligte krapmerk” beskryf kan word nie;

•             skade wat deur hael veroorsaak is;

•             skade wat voor die begin van die polis opgedoen is (bestaande skade);

•             opgehoopte skade (eis per insident);

•             skade aan plakkers;

•             skade aan lyswerk of vormwerk;

•             eise wat die maksimum vergoedingsbedrag minus die bybetaling oorskry, en dit sluit BTW in. Albei bedrae word op die skedule genoem;

•             skade wat bybehore, deur-vormwerk, venster-vormwerk, lampe van enige soort, of enige vensterpanele insluit;

•             skade as gevolg van roes;

•             herstel van enige paneel of deel van ’n paneel wat geskeur is;

•             vervanging van enige paneel of deel van ’n paneel;

•             aanspreeklikheid aan ander partye;

•             gevolglike skade of verlies;

•             skade of verlies wat deur kernmateriaal of kernaktiwiteite veroorsaak is;

•             skade wat veroorsaak is deur oorlog, siviele aksies, arbeidsversteurings, oproer, staking, uitsluiting of openbare versteurings; en

•             skade wat deur enige vorm van terrorisme berokken is.

Wat is my verpligtinge as ’n polishouer?

As jy nie al die volgende verpligtinge nakom nie, mag jou dekking gekanselleer word.

Jou verpligtinge:

•             Dis is in jou belang om aan al ons billike versoeke te voldoen.

•             Dit is in jou eie belang om alle billike voorsorg te tref om die kar in ’n goeie en padwaardige toestand te hou, asook om alle billike voorsorg te neem om verlies en skade te minimaliseer of te voorkom.

•             Dit is in jou eie belang om alle materiële feite akkuraat en volledig weer te gee. Jy is verantwoordelik vir alle antwoorde, verklarings en enige ander inligting wat jy voorsien.

•              Verkeerde inligting, nie-openbaarmaking of wanvoorstelling van inligting kan die versekeraar beïnvloed op enige eise voortspruitend uit jou versekeringskontrak. Dit kan ook die versekeraar se keuse beïnvloed om polisvoordele aan te bied, of om jou polis te aanvaar of af te keur.

•             Dit is baie belangrik dat jy ons so gou as moontlik laat weet van enige besonderhede wat verander van dít wat op jou skedule gemeld word.

Indien dit nie gedoen word nie, kan dit meebring dat jou eis afgekeur word.

•             Voordele mag ook nie aan jou verskaf word as jy nie die verpligtinge van jou versekeringskontrak nakom nie.

Besoek ook die volgende skakels in Engels:

  1. Parking with caution can prevent vehicle theft
  2. What does the law say about ‘Storing’ vehicles by parking on a public road
  3. Car Insurer finds women fear parallel parking!

 

Posted on by jonckie

Comments Off on Parkeer versigtig om eise teen motorversekering te beperk!