Help paramedici om jou identiteit vas te stel op die ongelukstoneel!

Het jy al oorweeg wat sal gebeur indien jy in ‘n ongeluk beseer en bewusteloos raak en daar is niemand om jou te identifiseer nie. Sal iemand maklik kan uitvind of jy ‘n mediese fonds het, wat jou bloedgroep is en wie jou naasbestaandes is om in kennis te stel van die ongeluk?

Dit is iets waarvan CrisisOnCall wel deeglik bewus is en ook bespreek het in ‘n onlangse nuusbrief. Ons wil graag aanhaal:

“Die media het die afgelope maand heelwat aandag gegee aan die probleem wat kan ontstaan met inligting wanneer mense in ‘n botsing beseer is. Hulle verwys na die vreemdeling (paramedikus) wat by ‘n toneel opdaag om die pasient se lewe te red.

Inligting is van kardinale belang om die regte behandeling toe te pas en ook te verseker dat die pasient in die regte hospitaal beland. Baie mense is ook bekommerd oor hul mediese fondsstatus en die deurgee van inligting na hul naasbestaandes.

Die volgende metodes is bespreek – en ook die gepaardgaande probleemsituasies wat dikwels ontstaan:

(a) Mediese fondskaart in beursie/handsak. Volgens die berigte kan dit gesteel wees deur omstanders wat voor paramedici op die toneel is of so ver verwyder wees van die toneel dat dit nie maklik bekombaar is nie.

(b) ICE (In Case of Emergency) op die selfoon. Die selfoon kan ook gesteel, gebreek, verwyder wees of iewers in die wrak vassit.

(c) Voertuignommerplaat. Indien die polisie op die toneel is, kan hulle gevra word om inligting oor die voertuigeienaar van die sentrale databasis te trek. Wat van die passasiers, of die bewys dat die bestuurder die eienaar is? Soms word die adres as ‘n posadres verskaf.

Die media is dit eens, paramedici moet soos speurders soek na inligting terwyl hul funksie die red van ‘n lewe is. Dan is daar nog mediese inligting soos allergiee, mediese toestande en kroniese medikasie wat ook ‘n rol kan speel by behandeling. Situasies wat alles bemoeilik vir die paramedikus om ‘n lewe te red.

Motoriste en passasiers kan die paramedici help met bandjies en “lifecaps” wat hulk an help identifiseer.

Besoek gerus die volgende skakels:

Identification of a Patient at the Accident Scene

CrisisOnCall , Emergency Roadside Assistance and Road Safety

Would You Be Identified Easily After An Accident?

Posted on by jonckie

Comments Off on Help paramedici om jou identiteit vas te stel op die ongelukstoneel!