Dink jy steeds spoed maak nie dood nie?

Vanoggend het ons ‘n skakel geplaas op die ArriveAlive.co.za Facebook bladsy met ‘n skokkende video van ‘n noodlottige botsing in Singapore. ‘n Video het aangetoon hoedat ‘n Ferrari teen geweldige spoed oor ‘n rooi verkeerslig gejaag het en in ‘n voertuig vasgery het by ‘n kruising. Die bestuurder van die Ferrari, die bestuurder van die taxi en ‘n passasier is in hierdie ongeluk dood.

Gedurende die ontwikkeling van die Arrive Alive webtuiste het ons ervaar hoedat baie padgebruikers e-posse gestuur het om beswaar te maak teen die “Speed Kills” of “Spoed maak Dood” veldtogte. Daar word gewoonlik allerlei vergelykings getref  maar iets waarvan ons nie kan wegkom nie is dit spoed wel ‘n bydraende faktor is in motorongelukke en ook ‘n beduidende impak het op die gevolge van die botsing! Dit is so dat spoed wat nie gepas is vir die bepaalde omstandighede wel ‘n ongeluk kan veroorsaak wat doodmaak!

Ons kan in hierdie geval redeneer dat die vernaamste oorsaak tot die padsterftes wetteloosheid was en die verontagsaming van die padreëls deurdat daar nie stilgehou is by die verkeerslig nie. ‘n Veel stadiger spoed sou egter moontlik kon meebring dat een of beide motoriste voorkomende stappe kon neem of kon uitswaai maar dit was doodeenvoudig hier nie moontlik nie.

Dit is vanuit die oogpunt van padveiligheid nodig dat ons ook ‘n wenk verskaf! Wees bedag op ander wettelose padgebruikers. Moenie aanvaar dat ander motoriste wel die verkeerstekens gaan gehoorsaam en gaan stilhou en dat jy dus die “reg van weg” het nie. Wees te alle tye waaksaam en dink vir die ander bestuurders ook!!

Besoek ook die volgende skakels:

Arrive Alive Webtuiste

Speed as a Contributory Factor to Road Traffic Crashes

Posted on by jonckie

Comments Off on Dink jy steeds spoed maak nie dood nie?