DataDot bied waarde vir meer as net motorversekering!

Op webtuistes oor motorversekering vind ons talle verwysings na DataDot tegnologie en die voordele wat dit bied vir die voorkoming van voertuigdiefstal. Hierdie tegnologie wat gebruik word vir die identifikasie van voertuie en motoronderdele maak dit moontlik om identifikasie te bevestig en veel meer effektief die kriminele aan die pen te laat ry!

Die voordele is egter nie net beperk tot motoreienaars nie en kan gebruik word vir die beskerming van vele ander waardevolle items ook!

My vriend en bekende sport en natuurfotograaf Anton Geyser het ‘n e-pos gestuur van “Pangolin Photo Safaris” waar hierdie tegnologie en die gebruik daarvan om kamera toerusting te beskerm mooi verduidelik word.

In die nuusbrief word verduidelik dat kameras ‘n gesogte item onder diewe is veral vanweë die groot aanvraag daarvoor en die gemak waarmee reeksnommers verwyder kan word. Dit is uiters moeilik om dan die gesteelde item te koppel aan die ware eienaar.

Wat is DataDot Tegnologie?

Dit bestaan basies uit “mikro-kolletjies” van 0.5mm in deursnee wat deur laser aangewend word met ‘n PIN [ (Pre-determined Identification Number) en wat dan aan die eienaar gekoppel word vir die lewensduur daarvan.

Hierdie mikro-kolletjies kan dan aangewend word deur ‘n verbindingsmiddel aan jou waardevolle items en word geregistreer op ‘n DataDot databasis.

Hierdie mikro-kolletjies is onsigbaar met die blote oog maar is sigbaar vir ondersoekbeamptes wanneer hul met ultra-violet lig daaroor skyn. Die polisie en ondersoekbeamptes word opgelei om hierdie identifiserende kenmerke op te spoor en te verbind met die wettige eienaar. Sodoende kan vervolging van die skuldiges baie meer effektief geskied.

Versekering en DataDot Tegnologie

Al meer versekeraars is oortuig van die waarde van hierdie tegnologie in die opsporing van gesteelde items en die waarde daarvan vir versekering. Dit kan weer lei tot die verlaging in versekeringspremies waar waardevolle items so identifiseer word deur hul eienaars.

Diewe word ook meer bewus van die gevare om items te steel wat so gemerk is en dit word gesien as ‘n waardevolle afskrikmiddel.

Vir meer oor DataDot Tegnologie besoek www.datadot.co.za

Vir DataDot en Motorversekering besoek ook die volgende skakels in Engels:

Compulsory microdot technology could reduce motor vehicle crime!

Microdot/ Datadot Technology and Car Insurance

Posted on by jonckie

Comments Off on DataDot bied waarde vir meer as net motorversekering!