Beskadiging van opspraakwekkende Zuma skildery vestig aandag ook op kunsversekering

Kunswerke en Aanspreeklikheid?

Ek het gewonder of ek op GeselsVersekering ook die veelbesproke Zuma skildery moet bespreek. Daar was talle vrae wat deur my kop gemaal het -beide vanuit ‘n regsoogpunt sowel as ‘n versekeringsoogpunt. Die politiek is iets waarvoor ek maar lugtig is en liefs vermy waar moontlik  – maar die ander aspekte is vir my wel belangrik…

Vanuit ‘n regsoogpunt en in besonder die fokus op aanspreeklikheid kan ons die vraag vra- soos die ANC- of hier sprake is van crimen injuria? Crimen Iniuria is volgens ons Strafreg die “wederregtelike en opsetlike inbreukmaking op die dignitas van ‘n ander persoon”. Dit is belangrik om daarop te let dat die beskuldigde die opset moes hê om die dignitas te skend. In hierdie geval het kunstenaar Brett Murray reeds aangetoon dat “he did not intend to cause any “hurt or to harm the dignity of any person”.

Ek wil graag aanhaal”: ““In the apartheid years, I created satirical images which attacked abuses of power. For many years I have used, and continue to use, symbols with sexual connotations representative of political power and patriarchy,” Murray said.”

Dit sou ook interessant wees om te let op waar aanspreeklikheid sou berus. Sou net die kunstenaar aanspreeklik wees hier of sou die kunsgallery – in hierdie geval die Goodman Gallery  – aanspreeklik gehou kon word indien hier wel ‘n misdaad gepleeg is met die uitstalling van die skildery? Is daar persoonlike aanspreeklikheid en sou die kunstenaar se versekering dekking verleen teen enige aksie wat teen hom ingestel kon word?

Al hierdie vrae is egter nou half onnodig nadat die kunswerk vanoggend beskadig is. Hierdie kunswerk is reeds verkoop vir ‘n bedrag van £9,000 en is vanoggend beskadig nadat 2 mans verf oor die kunswerk gegooi het.

Dit is vir ons wel nog belangrik vanuit die oogpunt van versekerering. Dit sal interessant wees om uit te vind of die kunstenaar die kunswerk verseker het en of die kunsgallery ook versekering uitgeneem het teen beskadiging van kunswerke!

Hier is duidelik ‘n geval waar die waarde van die kunswerk aansienlik verhoog is deur die geweldige publieke belangstelling en media dekking en waar addisionele sekuriteit en toegangsbeheer nodig was om die opspraakwekkende kunswerk te beskerm.

Ek is van mening dat alhoewel die kunswerk nou beskadig is ons moontlik kan verwag dat die media dekking en belangrikheid van hierdie werk uit ‘n politieke, menseregte en nuus perspektief die werk selfs meer werd mag maak as waarvoor dit reeds verkoop is.

Video van beskadiging van skildery:

Posted on by jonckie

Comments Off on Beskadiging van opspraakwekkende Zuma skildery vestig aandag ook op kunsversekering