Wenke om te ontsnap na veiligheid wanneer die voertuig aan die brand slaan!

Seker die grootste vrees vir meeste motoriste is nie die moontlikheid van ‘n ongeluk nie, maar wel om te verbrand binne die voertuig. Die afgelope paar jaar het al meer besoekers aan die Arrive Alive webwerf hul kommer uitgespreek oor voertuie wat aan die brand slaan in ongelukke en talle wou uitvind of dit moontlik ‘n fout by ons vervaardiging van voertuie kan wees.

Daar is nie duidelike uitsluitsel hieroor  – al wat ons weet is dat hierdie moontlikheid ‘n realiteit is en dat ons alles moontlik moet doen om hierdie gevaar te vermy!

Op die Arrive Alive webtuiste het ons inligting saamgestel in ‘n afdeling getiteld “Escape and Safety from Vehicle Fire” en ek wil graag ‘n gedeelte hieruit in Afrikaans vertaal:

Wat om te doen wanneer daar rook of vuur waargeneem word by U voertuig:

  • Bly so kalm as menslik moontlik. Die gevaarlikste om te doen sal wees om paniekerig te raak. Dit sal maak dat ons waardevolle sekondes mors en verkeerde besluite geneem word.
  • Indien die voertuig beweeg, beweeg dadelik na die kant van die pad.
  • Vuur is afhanklik van suurstof en voorwaartse beweging sal lug in die masjien van die voertuig instoot wat die vuur verder aanwakker.
  • Deur af te trek stel jy almal instaat om te beweeg na veiligheid.
  • Skakel die voertuig af ten einde die elektriese stroom en vloei van brandstof te staak.
  • Skuif die rathefboom na parkeer en trek die noodhandrem. Jy wil nie dat die voertuig beweeg nadat jy gestop het nie.
  • Maak seker dat almal die voertuig verlaat en moenie tyd mors deur persoonlike besittings bymekaar te maak nie.
  • Beweeg ongeveer 30m weg van die voertuig. Neem die verkeer in ag en hou almal bymekaar en weg van bewegende verkeer.
  • Hou nuuskierige omstanders weg van die voertuig.
  • Moenie teruggaan na die brandende voertuig.
  • Kontak die nooddienste vanaf ‘n veilige afstand.
  • Waarsku aankomende verkeer.
  • Moenie die masjienkap oplig indien jy vuur vermoed nie. Suurstof sal die vuur aanwakker en kan lei tot beserings.
  • Wees versigtig om self te probeer om die vuur te blus. Daar is die moontlikheid en gevare van ontploffing en giftige gasse om teen te waak.
  • ‘n Noodtoestand is nie die tyd om die instruksies op brandblussers te lees nie. Voertuie behoort ‘n maklik bereikbare brandblusser in die voertuig beskikbaar te hê.
  • Indien die vuur klein is aan die binnekant van die voertuig gebruik die brandblusser. Indien daar ‘n bietjie rook by die enjinkap uitkom ontkoppel die enjinkap maar moenie dit oplig. Spuit met die brandblusser deur die gaping vanaf ‘n paar voet na die bodem van die vuur. Indien dit ‘n groter vuur is of naby aan die petroltenk is, beweeg liewer na veiligheid.

 

Indien ‘n ongeluk voorkom en U nie instaat is om dadelik die voertuig te verlaat nie:

  • Maak dadelik deure en vensters oop. Doen wat ook al nodig is om dit te vermag.
  • Selfs al is die nie vir jou moontlik om self die voertuig te verlaat nie sal omstanders jou moontlik kan bevry.
  • Ontkoppel dadelik jou veiligheidsgordel. Dit is noodsaaklik dat die vuur nie moontlik die metaal van die veiligheidgordel vasbrand teen sy anker nie.
  • Indien die metaal te warm is gebruik lap of ‘n kledingstuk om jou hand te beskerm wanneer jy die veiligheidsgordel losmaak.
  • Indien die gordel sukkel om los te maak skuif die gordel oor jou kop en probeer jou bene loswikkel onder die gordel oor jou heupe.
  • Skop die venster uit. Indien die deur nie wil oop is die volgende beste opsie om die venster uit te skop.
  • Dit sal rook uit die voertuig laat en ‘n weg tot veiligheid bied.
  • Gebruik beide voete teen die ruit indien moontlik om die windskerm uit sy raam te verwyder.

Besoek die Arrive Alive webstuiste vir meer inligting oor padveiligheid!

[Photos from ER24 and Netcare 911]

Posted on by jonckie

Comments Off on Wenke om te ontsnap na veiligheid wanneer die voertuig aan die brand slaan!