Wat is ‘n beroerte en hoe kan ons hierdie risiko verminder?

Op GeselsVersekering wil ons nie net versekering bespreek nie maar ook daardie gevare en selfs mediese toestande wat ons gesondheid bedreig. Soos ons dit ook dikwels in Afrikaans stel – “Voorkoming is beter as nasorg” – of “Voorkoming is die beste medisyne”!

In hierdie bespreking wil ons dus met die hulp van CrisisOnCall fokus nie op lewensversekering en ongeskiktheidsdekking nie, maar wel ‘n paar wenke gee rakende die voorkoming van beroertes.

Wat weet ons van ‘n beroerte en watter stappe kan ons neem om hierdie risiko te voorkom of die gevolge daarvan te verminder?

Wat is ‘n Beroerte?

‘n Beroerte is wat gebeur wanneer bloedvloei na die brein onderbreek word. Jou breinweefsel word van suurstof en voedsel ontneem en binne minute begin breinselle doodgaan. Dit is ‘n mediese noodgeval.

Vinnige behandeling kan die verskil tussen lewe en dood beteken, en vroegtydige behandeling kan ook skade aan jou brein verminder.

Simptome van ‘n Beroerte

Algemene simptome sluit in:

  • Skielike lamheid, swakheid, of verlamming van die gesig, arm of been gewoonlik net aan een kant van die liggaam.
  • Spraakverlies of praat met moeite of verstaan nie ‘n gesprek nie.
  • Skielike dubbelvisie, dowwe visie of ‘n afname in sig.
  • Duiseligheid, verlies van balans of koordinasie.
  • Skielike erge hoofpyn met geen spesifieke oorsaak nie.

‘n Beroerte word ook soms ‘n “brein aanval”genoem.

Risiko-faktore:

  • Familie geskiedenis – wanneer jou ouers of ‘n broer of suster een gehad het.
  • Ouderdom – met veroudering verhoog jou kanse.
  • Geslag -mans (na 55 is ‘n man en vrou se risiko gelyk).
  • Hoe bloeddruk  -verhoog die risiko met vier tot ses keer.
  • Kardiovaskulere siektes – hartversaking of ‘n vorige hartaanval, aorta-hartklep siektes of klepvervangings en arterie fibrillasie (¡¥n onreelmatige en vinnige hartklop).
  • Rook.
  • Diabetes.
  • Ongesonde vlakke van bloedlipiede (cholesterol).

Wanneer jy enige tekens van ‘n beroerte sien –  kry onmiddellik mediese hulp!

Stappe ter Voorkoming

  • Moenie rook nie.
  • Beperk cholesterol en vet innames.
  • Eet baie vrugte en groente.
  • Beperk natrium.
  • Doen gereeld oefening.
  • Beperk alkohol inname.
  • Behou ‘n gesonde gewig.
  • Beheer diabetes.
  • Gaan gereeld vir ‘n deeglike mediese ondersoek.

Posted on by jonckie

Comments Off on Wat is ‘n beroerte en hoe kan ons hierdie risiko verminder?