Versekering is nie die enigste manier om jou besittings te beskerm nie!

Hoe goed beveilig jy jou besittings?

Al het ons ook die beste versekering is sorgsaamheid steeds die beste om onsself te beskerm teen verlies en skade aan ons eiendom!

‘n Vriendin het vanoggend ‘n foto deurgestuur van een van ons top skole waar leerlinge hul skooltasse buite die lokaal gelaat het op ‘n wyse wat wil voorkom asof hul gereed maak vir ‘n vinnige wegkom! Van die skooltasse is selfs gelaai op “wiele”!

Ons moet darrem ter verdediging van die skoliere darrem erken dat die skool 24 uur sekuriteit het en dat vreemdelinge nie sonder meer op die skoolgronde kan rondloop nie..

Ons het vanoggend op Insurance Chat berig in 2 afsonderlike stories na die diefstal van skootrekenaars of “laptops”. Hierdie items sowel as plasma -skerms en selfone is deesdae gesogte items vir diewe en kan weer maklik verkwansel word.

Die polisie het in Durban beslag gelê op laptops en plasma-skerms ter waarde van R3m wat skynbaar bestem was vir verspreiding in Afrika.

Dit is belangrik dat ons nie net die regte versekering vind vir hierdie items nie, maar dat ons ook alles moontlik doen om te verseker dat ons dit nie vir diewe maklik maak om op ons besittings beslag te lê nie. Wees veral versigtig om nie skootrekenaars en selfone binne die voertuig onbewaak agter te laat nie.

Ons het voor die aanvang van die Paasnaweek ook berig dat die beste manier om besittings te voorkom is om te dink soos ‘n dief en bepaalde vrae aan jou self te stel. Hierdie vrae kan insluit die volgende:

  • Hoe maklik is dit om my waardevolle besittings te steel?
  • Hoe sal ‘n dief te werk moet gaan om my te besteel?
  • Wat kan ek doen om seker te maak dat die diewe my nie maklik kan besteel nie?

Posted on by jonckie

Comments Off on Versekering is nie die enigste manier om jou besittings te beskerm nie!