Padwerke in die Suid-Kaap wat lei na die KKNK vereis ‘n ekstra bietjie geduld

Geduld is n gawe waarop al minder van ons aanspraak maak! Dit is egter een van die grootste vereistes vir veiligheid op die pad! Dit is die afwesigheid van geduld wat lei tot onverskillige bestuur en snelhede wat nie geskik is vir die padtoestande en weersomstandighede nie. Dit is ook die gebrek aan geduld wat meebring dat bestuurders kanse vat met die onveilige verbygaan van voertuie of lei tot uitbarstings van padwoede!

Waarom raak ons ongeduldig op die paaie?

Ons leef in ‘n gejaagde omgewing waar alles korter en vinniger word. Inligting is beskikbaar in ‘n breukdeel van ‘n sekonde en ons wag nie meer om met mekaar te kommunikeer by ‘n latere geleentheid nie. Ons is letterlik die hele tyd aanlyn en verbind met mekaar deur selfoon en internet tegnologie. Dit raak vir ons net al moeiliker om te wag!

Dit is ook ander faktore wat ons geduld beproef. Op die paaie is dit stadige bestuurders en vragmotors en veral die padwerke met die talle Stop-Gaan tekens. Ons stel vir ons bepaalde verwagtinge oor hoe laat ons by ons bestemmings behoort aan te kom en dan word ons deur die padwerke baie vertraag.

Daar is ongeveer 10 stilhouplekke by padwerke op die N1 tussen Bloemfontein en Oudtshoorn en dieselfde aantal indien die pad vanaf Colesberg geneem word na Middelburg, Graaff -Reinet, Willowmore en Oudtshoorn.

Waar is die padwerke in die Suid-Kaap op pad na die KKNK in Oudtshoorn?

Verkeersowerhede het inligting bekend gemaak oor padwerke in die Suid-Kaap. Ek wil graag aanhaal uit die inligting beskikbaar gestel in Die Burger deur Media 24:

“Verskeie provinsiale paaie is onder konstruksie. Glipbane word gebou by die aansluiting van die Dysselsdorp-pad by die N12 tussen Oudtshoorn en De Rust. ’n Stop/ry-punt wat bedags beman en snags deur middel van ’n verkeerslig beheer word, is hier aangebring.

Die R62 tussen Calitzdorp en Ladismith word herseël, en daar is minstens vier stop/ry-punte op die pad.

Die R341 tussen De Rust en Uniondale word ook herseël. Die aantal stop/rypunte wissel na gelang die konstruksiewerk vorder, aldus die provinsiale paaiedepartement se kantoor op Oudtshoorn.

Verskeie padwerke op die N2, van Riversdal tot op Plettenbergbaai, veroorsaak ook oponthoude. “Daar word gewerk aan die N2 tussen Mosselbaai en Riversdal, waar minstens sewe stop/ry-punte voorkom,” het John Strydom van Sanral in die Suid-Kaap gesê. “Daar word ook by Harkerville, tussen Knysna en Plettenbergbaai, gewerk.”

Op die N1 kom padwerk tussen Prins Albertweg en Laingsburg voor, asook tussen Beaufort-Wes en Drie Susters.

Werk in die Outeniekwapas tussen Oudtshoorn en George, waar ’n rotsstorting die pas verlede jaar versper het, is voltooi.

Becker het motoriste gemaan om versigtig te bestuur. “Ons gaan oral padblokkades hou en gaan geen dronk- of roekelose bestuurders duld nie.

“Handhaaf ’n veilige volgafstand en skakel die voertuig se hoofligte aan vir beter sigbaarheid.

“Voeg ook minstens ’n uur of twee by jou reistyd om voorsiening te maak vir oponthoude by stop/ry-punte by padwerke,” het hy gesê.”

Versekering en voertuigskade by Padwerke

Dit is belangrik dat ons bewus is van ons reg om ‘n eis in te stel waar ons skade lei as gevolg van nalatigheid by padwerke. Daar word sorgsaamheid vereis aan die kant van diegene wat paaie bou en indien ons sou skade lei as gevolg van hul versuim om sorgsaam op te tree kan ons ‘n eis instel teen die maatskappy verantwoordelik vir die padkonstruksie.

Die volgende skakels in Engels verduidelik ons regte:

Can I claim for Pothole Damage?

When are road construction companies deemed negligent for vehicle damage?

Car Insurance, road damage, potholes and the law
Negligence, the Reasonable Man and Car Insurance
Who is the reasonable driver when he drives near potholes?

Besoek ook:

Padveiligheid op die pad na die KKNK en tydends die Paasnaweek

Posted on by jonckie

Comments Off on Padwerke in die Suid-Kaap wat lei na die KKNK vereis ‘n ekstra bietjie geduld