Omvattendste PG Glass ‘Safer than Safe’-veldtog tot dusver

 

PG Glass sal vooruit “chips” gratis herstel by die landwye PG Glass Safer than Safe promosies in April en Mei

Die omvattendste PG Glass “Safer than Safe”-veldtog tot dusver sal oor die komende vakansiedae plaasvind, van die Paasnaweek af tot begin Mei.

The projek word op sewe plekke langs die N1-, N2-, N4- en N7-hoofweë van stapel laat loop. Bernice Bailey, Bemarkingsdirekteur van PG Glass, sê die reusesukses van verlede Paasfees se projek op die N4 het hulle laat besluit om die projek aansienlik uit te brei.

“Daar was bitter min noodvoorvalle en ongelukke in die projek se fokusgebied. Daar was geen sterftes of ernstige beserings nie.”

In die fasilitering van “Safer than Safe” span PG Glass saam met die SA Polisiediens, provinsiale en munisipale verkeersdepartemente nooddienste, ander borge, radiostasies en ander media om die padveiligheidsboodskap intensief aan padgebruikers oor te dra.

Die projek begin op 5, 6 en 9 April met ‘n projek by Shell Ultra City Middelburg (ooswaarts) op die N4 na Maputo, en ‘n tweede promosie op 5 April by die Klawer-weegbrug naby Vredendal op die N7.

Op 26 April verskuif die fokus na die N1 by Bloemfontein, en op 28 April na die N2 by Stormsrivier.

Sowel Mosselbaai op die N2 en Kranskop op die N1 kom op 30 April aan die beurt, met die promosie by Kranskop wat tot 1 Mei duur.

Grahamstad op die N2 is ook op 1 Mei gasheer van ‘n PG Glass ”Safer than Safe”-promosie. Die laaste een word vir Hermanus in Mei beplan op ‘n datum wat nog bepaal moet word.

Bailey sê daar word gehoop dat die res van die land met die uitbreiding van die projek kan deel in die sukses wat verlede jaar op die N4 behaal is.

“PG Glass is daartoe verbind om die getal ongelukke, beserings en sterftes op SA paaie te verminder en dit ‘n veiliger plek te maak.”

PG Glass sal weer eens gratis “chip”-herstelwerk by die promosies doen.

Besoek ook die volgende skakels in Engels:

Posted on by jonckie

Comments Off on Omvattendste PG Glass ‘Safer than Safe’-veldtog tot dusver