Moet nooit dink jy het al die risiko’s vir padveiligheid gesien nie!!

‘n Besoeker aan die Arrive Alive webtuiste het vanoggend ‘n epos gestuur met die titel “Nou het ek alles gesien”!! Soms is daar net nie genoeg woorde om die gedrag van padgebruikers behoorlik op te som nie!

Hierdie is miskien ‘n waardevolle samevatting van een van die belangrikste redes waarom ons nie sonder motorversekering dit kan waag op die pad nie. Jy weet nooit wanneer die werker in die kattebak van ‘n verbygaande voertuig beheer oor sy kruiwa gaan verloor nie!!

Jy weet ook nooit wanneer die onnoselheid van ander motoriste jou lewe en jou voertuig in gevaar kan stel nie!!

Posted on by jonckie

Comments Off on Moet nooit dink jy het al die risiko’s vir padveiligheid gesien nie!!