Watter nommer skakel jy in nood?

Het jy al oorweeg watter nommer jy sal skakel in nood? Noodsituasies kan in verskeie vorme voorkom en hetsy dit is ‘n motorongeluk, mediese noodgeval of bloot net is dat jy uit jou huis gesluit is –daar moet nommers byderhand wees wat jy kan kontak wat hulp en verligting effektief en vinnig kan verleen!

Ek het gedink om aandag aan hierdie onderwerp te gee nadat ek ‘n e-pos ontvang het van my vriende by CrisisonCall. Ek wil dit graag ook hier deel:

CrisisonCall : Watter nommer skakel jy in nood?

In Suid Afrika is daar so baie noodnommers om te onthou. Dit is die ambulansdiens, polisie, blitspatrollie, brandweer, korttermynversekering, ens.

In die meeste eerste wêreld lande bestaan een noodnommer soos 911 waarna geskakel word ten tye van ʼn krisis. In Suid Afrika is daar eenvoudig net te veel nommers om te onthou. Plaas jouself midde in ʼn krisis en kyk of jy enige nommers sal onthou. Ken jy die nommer van jou bank waar jy jou bankkaart kan stop wanneer dit gesteel is, of jou selfoon stop?

Voorbeeld

Laat ons Cornè Griffiths aan die woord stel: “Ek en my suster het Sondag 28 Junie 2009 vanaf Ermelo na Pretoria gereis. So teen agtuur die aand het ons by die Ultra City in Middelburg gestop. Ons het komberse uit die kattebak gehaal en ons altwee was besig op die agterste sitplek om my seuntjie toe te maak. In hierdie tyd het ‘n skelm ons handsak gegryp met al ons goed in en in hul kar weg gejaag.

Ek het dadelik CrisisOnCall gebel om ons te assisteer. Ek het daar met Melvin gepraat. Hy het ons die hele tyd gerus gestel en al die praktiese dinge wat ons moes doen voorgestel. Hy het ons gehelp om dadelik met ons banke in verbinding te tree om ons kaarte te stop. Ook met die selfoon maatskappy om ons sim-kaarte te blok. Hy het ons ook met die polisie gekoppel. Melvin het vir ons nood petrol gereël sodat ons terug in Pretoria kon kom sowel as tolhek geld. Van daar af het hy met ons reismonitering gedoen tot in Pretoria waar hy ons gehelp het met ‘n Sleutelmaker om my sussie se huis oop te kry en ander slotte aan te sit. Hy het ook gereël dat ons die sleutelmaker die volgende dag kan betaal. Die volgende oggend het hy ons gebel net voordat hy van diens af gegaan het om uit te vind of als nog reg is met ons en of hy ons met enige iets kan help. In die tussentyd is ons handsak opgespoor in Middelburg. Melvin het vandag 01 Julie 2009 ons gebel om te hoor of ons al reg gekom het met al die ander reëlings wat volg op so ‘n traumatiese gebeurtenis en was saam met ons gevul met verligting om te hoor dat ons handsak met ons besittings opgespoor is.

Ek wil net sê dat as dit nie vir Melvin en CrisisOnCall was Sondag nie weet ek nie hoe ons dinge sou kon uitwerk nie. Wat toe begin het as ‘n krisis het geëindig as ‘n seëning op ons lewens. Ons is ongelooflik dankbaar teenoor CrisisOnCall en hulle baie professionele staf. Ons wil ook net eerstens ons dank uitspreek vir die Here dat Hy op allerhande ander maniere ons gebede verhoor en mense so op ons pad sit wat so ‘n groot ruim hart het soos Melvin. Ek is baie bly ek het aangesluit by CrisisOnCall.”

CrisisOnCall beskik oor ʼn maklike tolvrye nommer van enige telkomlyn, op nasionale vlak. So, waar jy ook al in die land is kan ons jou help om dit wat gebeur het te hanteer. Dit alles terwyl spesialiste gereed sit om hulp te verleen sou dit nodig wees.

CrisisOnCall maak ook van verskeie privaat ambulansdienste gebruik reg oor die land sou ʼn ambulans in ʼn noodgeval benodig word. Insleepdienste is ook landswyd geakkrediteer. Vir so min as R 76.00 per maand kan jy deel in hierdie voordele wat onder andere ook reismonitering en ʼn effektiewe identifikasiestelsel insluit. Besoek gerus ons web vir meer inligting by www.crisisoncall.co.za of skakel ons by 0861 57 47 47 (Bemarkingskantoor)

Padveiligheid, Versekering en Noodnommers

Op die Arrive Alive webtuiste het ons noodnommers geplaas wat ook van die selfoon beskikbaar is op Arrive Alive.mobi

Hierdie nommers sluit in die volgende:

Polisie: 10111

Ambulans: 10177

Algemene noodnommer: 112

ER24: 084 124

Netcare 911: 082 911

Transnet hulplyn: 080 111 2239

TRACassist (N4 Toll Route): 0800 8722 64

Aerocare: 082 555 8222

Uit die oogpunt van Versekering is dit baie belangrik dat jou versekeraar of makelaar se nommer altyd op jou selfoon beskikbaar is. Jou versekering mag die prosedure bepaal in die geval van ‘n motorongeluk en veral wat moet gebeur in die geval van die insleep van jou voertuig. Daar mag ook addisionele padbystand en ander noodvoordele wees by die huis of werk. Hierdie voordele is egter net waardevol indien jy weet watter nommer om te skakel!

Gevolgtrekking

Ek wil graag aanbeveel dat elkeen ‘n navraag doen by himself ten opsigte van moontlike noodgevalle of “worst case scenario’s” en seker maak dat hy/sys al weet watter nommers om te skakel in elke moontlike situasie!

 

Posted on by jonckie

Comments Off on Watter nommer skakel jy in nood?