Moet nooit te “mak” raak op safari nie!

Suid-Afrika bied talle geleenthede om ons natuurskoon te geniet. Die afgelope jaar is ons weer bederf met van die mooiste fotos van die natuur en wildlewe. Die gevaar bestaan egter altyd dat ons so meegevoer kan raak met die mooi van die natuur dat ons minder aandag gee aan die gevare om ons.

Daar was onlangs ‘n treffende storie deur ‘n toeris in die Kgalagadi natuurreservaat waar hy vertel hoe hy binne sy tent gesit het terwyl ‘n leeu van buite aan sy tent trek en byt! Lees meer hieroor op Phototalk.co.za

“UK tourists harassed by lions at Rooiputs in the Kgalagadi”

‘n Gereelde besoeker aan die Arrive Alive webwerf het ‘n epos gestuur met die titel “Meals on Wheels” en dit is ‘n mooi illustrasie van hoe gevaarlik dit buite in die natuur mag wees.

Meals on Wheels

Hierdie waarskuwing geld egter nie net ten opsigte van moontlike konfrontasie met roofdiere nie, maar ook ten opsigte van voertuigveiligheid. Daar is belangrike aspekte van voertuigveiligheid wat ons nie uit die oog moet verloor nie!

Ingevolge wetgewing in die pyplyn sal nie enige bestuurder in die toekoms sommer maar agter die stuurwiel van ‘n 4×4 voertuig kan inklim en die wildernis invaar nie. Daar word erken dat die bestuurder van ‘n 4×4 voertuig op safari addisionele opleiding vereis!

Dit is ook vanuit die oogpunt van versekering belangrik dat ons let op die beskikbaarheid van versekeringsprodukte spesifiek gemik om 4×4 voertuie en wanneer ons gaan op Safari buite die landsgrense. Daar is dikwels groot ongelukkigheid wanneer ‘n voertuig breek en die versekering nie die kostes help dra om die voertuig weer terug te bring na Suid-Afrika vir herstelwerk nie!

Ons het op die Arrive Alive webwerf inligting hieroor gedeel en ook in meer besonderhede hierop gelet op van die ander webtuistes oor versekering.

Photo by Gerhard Steenkamp

Ons wil aanbeveel dat toeriste op safari aandag gee aan die volgende skakels in Engels:

Protect yourself when on driving on safari Out-In Africa

“Guide to safety and driving on safari / driving in the nature reserve”

Road Safety for foreigners travelling in South Africa

4×4 Vehicle Safety and Driving off-road

High performance shock absorber could reduce accident risk for 4×4 vehicles

Posted on by jonckie

Comments Off on Moet nooit te “mak” raak op safari nie!