Word jou werksvoertuie koste effektief bestuur?

Het jy maatreëls in plek om te verseker dat jou voertuie koste effektief bestuur word. Met tegnologie beskikbaar gestel deur maatskappye in vlootbestuur is dit deesdae maklik om voertuie te monitor. ‘n Goeie vriend van my het ‘n besigheid waar koffiemasjiene gereeld gediens word en waar daar elke dag tussen verskillende besighede gery moet word om hierdie koffiemasjiene vol te maak, skoon te maak en ook om die gelde te verwyder.

Die besigheid het ‘n afleweringsvoertuig wat vir hierdie doeleindes gebruik word. ‘n Paar jaar gelede het hy agtergekom dat die bakkie onnnodige afstande aflê en dat daar dikwels nie opgedaag word op die spesifieke tye soos verlang nie. Met die installering van die nuutste monitoeringstoestel van Ctrack kon hy ‘n paar interessante bevindings maak. Nie net is gemonitor waar die voertuig te vinning bestuur is nie maar meer belangrik, waar die bestuurder afgewyk het van die roete om by ‘n vriendin te gaan kuier!

Verlede week het ‘n ander vriend in Pretoria vir my 2 fotos gestuur van ‘n redelik interessante vervoer van goedere. ‘n Dubbele vragmotor kombinasie of “inter –link” vragmotor is gebruik om 10 houers met verf op te laai by ‘n besigheid naby die Garsfontein afrit in Pretoria-Oos.

Dit het dadelik die vraag laat ontstaan hoe koste effektief hierdie vervoer plaasvind en of daar hopelik baie ander vrag ook opgelaai sal word.

Voertuigkostes sluit egter nie net petrolkostes en onderhoudskostes in nie, maar ook die koste van versekering. Dikwels word versekering betaal op ‘n voertuig wat bykans nooit gebruik word nie of word daar ook nie tred gehou met die nuwe generasie produkte nie. Dit is moontlik om voertuie te verseker volgens die afstande wat bestuur word en ook om verlaagde premies te bekom waar daar by ‘n vloot voertuie moniteringstoestelle en ander tegnologie is om die risiko van voertuigkapings en diefstal te verminder!

Dit is belangrik dat besigheidseienaars let op versekering wat nommerpas is vir hulle besighede en dat daar jaarliks weer kwotasies gedoen word en premievergelykings plaasvind!

Besoek gerus ook die volgende skakels in Engels:

'n Minder koste effektiewe vervoer

10 Dromme verf veilig opgelaai

Posted on by jonckie

Comments Off on Word jou werksvoertuie koste effektief bestuur?