Wees waaksaam selfs al bly jy in ‘n sekuriteitskompleks

Sekuriteit is vir elke huiseienaar ‘n belangrike aspek om in ag te neem. Meeste van ons is maar te bewus van die gevare van inbraak en geweldsmisdade en ons vind sekuriteit in nommers. Ons voel veiliger waar ons bly tussen ander mense en veral waar daar behoorlike sekuriteit in plek is.

Dit het veroorsaak dat daar baie sekuriteitskomplekse ontstaan het met beheerde toegang ens. Dit is egter belangrik dat ons nie minder waaksaam word en in ‘n valse gevoel van sekuriteit verval nie.

Navorsing toon aan dat kriminele nie hierdie sekuriteitskomplekse as ‘n baie moeiliker teiken beskou nie en al meer hierdie areas teiken vir hul kriminele aktiwiteite. In baie opsigte word hierdie kriminele se taak vergemaklik deur die gevoel van sekuriteit wat daar by die inwoners bestaan!

Met die aanhaal van ‘n berig oor die tragiese dood van ‘n 75-jarige man in a veiligheidskompleks in October in Benoni is dit Angelo Haggiyannes, woordvoerder van Auto &General wat die publiek aamoedig om nie maar net hul veiligheid as ‘n gegewe te aanvaar nie.

“Kriminele het hul persepsies oor sekuriteitskomplekse lank reeds verander. Dit is nodig vir die inwoners om dieselfde te doen. Huisbraak en kapings binne sekuriteitskomplekse vind meer gereeld plaas as wat die publiek mag dink.”

Haggiyannes is van mening dat baie inwoners staatmaak uitsluitlik op die sekuriteit wat gebied word deur bewaking en monitoring op die buitenste grense van die kompleks maar dat hul versuim om veiligheidsmaatreëls te tref by hul eie eiendom en dus die algemene standaarde vir veiligheid verontagsaam.

“Deure van motorhuise, skuifdeure en selfs die voordeur word wawyd oop gelos en daar is ‘n algemene afwesigheid van diefwering in veiligheidskomplekse. Net omdat hul in ‘n “veilige” omgewing bly word aanvaar dat hierdie basiese veresites vir veiligheid nie meer nodig is nie. Hierdie rustiger benadering tot veiligheid maak van die inwoners ‘n makliker prooi en teiken vir misdaad.

Op ‘n groter skaal kan gesien word dat waar daar baie wonings is wat nie behoorlik beveilig word nie, die kriminele basies vrylik kan rondbeweeg indien hul eers toegang tot die kompleks verkry het. Hul kan goedsmoeds beweeg van die een woning tot die ander..

Ongelukkig is dit ook gebrekkige toegangsbeheer wat bydra tot verhoogde vlakke van misdaad in veiligheidskomplekse. Kriminele besef dat dit basies net toegangsbeheer is wat tussen hulle en hul prooi staan en gaan dus intelligent te werk om nouer samewerking te bekom van diegene wat werk by veiligheidskomplekse.

Baie van hierdie woonareas, veral daardie met golfbane wat grens aan groter natuur areas en hoofpaaie is moeilik om behoorlik te bewaak as gevolg van die grootte daarvan en die unieke aangrensende areas.

“Indien jy woonagtig is in ‘n sekuriteitsarea moet jyself ook bietjie verantwoordeliheid neem vir jou veiligheid en nie maar bloot staatmaak op die kompleks se grensbeheer, toegangsbeheer en moniteringsdienste nie! ‘n Belegging in verhoogde sekuriteit is die beste belegging wat jy kan maak.

Moet nooit die belangrikheid onderskat nie van goeie verhoudinge met jou bure en samewerking met die sekuriteitsverskaffer. Vir goeie sekuriteit is ‘n spanpoging ‘n vereiste. Indien jy vertroud is met jou bure en hul bewegings sal jy instaat wees om makliker verdagte persone en aktiwiteite raak te sien. Dit kan ook beteken dat iemand anders ‘n oog help hou oor jou veiligheid.

Die beste sekuriteit is daar waar die inwoners as ‘n gemeenskap saamwerk deur waaksaam te wees en verdagte aktiwiteite , veiligheidsrisikos en oortredings aanmeld. Die gemeenskap kan sodoende ‘n gesamentlike buffer vorm teen misdaad” sê Haggiyannes.

Posted on by jonckie

Comments Off on Wees waaksaam selfs al bly jy in ‘n sekuriteitskompleks