Dit is weer tyd om jou korttermynversekeringskontrak onder die vergootglas te beskou

Tyd om te Fokus!

Na die afloop van die feestyd spog baie huishoudings weer met nuwe toestelle. Volgens verskeie internetopnames was juweliersware, CDs, DVDs, kunswerke en selfs nuwe motors van die gewildste geskenke hierdie feestyd.

“Behalwe al die duur geskenke wat baie van ons ontvang het, het verskeie Suid-Afrikaners hul welverdiende bonusse gebruik om nuwe toestelle en meubels te koop. Dit beteken ook dat artikels wat nie meer gebruik word nie, weggedoen mee word om plek vir die nuwes te maak.”

Ons raad vir Suid-Afrikaners is om hul versekeringspolisse by te werk met alle nuwe waardevolle besittings wat hulle bygekry het. Alle artikels wat nie meer in hul besit is nie moet ook van die polisdokumentasie verwyder word,” sê Ricardo Coetzee, woordvoerder van Virseker. Virseker is Suid-Afrika se eerste en enigste korttermynversekeraar wat spesifiek op die Afrikaanse gemeenskap fokus. Hy noem ook dat huishoudelike versekering `n gegewe moet wees in `n land met `n misdaadsyfer soos ons s’n.

Hy noem dat Suid-Afrikaners van hul besittings moet boekhou deur `n huisinhoudlys op te stel. Dit is basies `n omvattende lys van alle persoonlike besittings wat jy in jou huis of motorhuis het, en wat jy dink versekering nodig het.

Coetzee stel voor dat jy jou besittingslys jaarliks opdateer, veral as jy verhuis het. “Dit is moeilik om altyd te weet presies hoeveel en watter besittings jy het. Dis verbasend maklik om te vergeet van daardie nuwe horlosie of duur leerbaadjie wat jy vir Kersfees gekry het.

“As jy nie oor ‘n bygewerkte en volledige huisinhoudlys beskik nie en iets onverwags gebeur, soos ‘n rooftog of `n brand, sal jou versekering jou nie dek vir die volledige waarde van die artikels wat jy verloor het nie,” waarsku hy.

Coetzee stel voor dat jy in die nuwe jaar, bykomend tot die bywerking van jou huisinhoud, sommer ook jou versekeringspolis in die geheel beskou om seker te maak jy het voldoende dekking.

“Maak seker dat jou polis aan al jou behoeftes voorsien. Stel ook ondersoek in of daar maniere is om jou verskeringspremies te verminder deur byvoorbeeld `n motorpolis uit te neem wat ook huishoudelike goedere insluit.

“As jy in nuwe sekuriteitstelsels vir jou kar of huis belê het, kan jy ook geld op jou premies spaar. So, indien jy enige van jou bonusgeld op iets spandeer het wat jou kar of huis veiliger gemaak het, laat jou sekuriteitsmaatskappy weet,” stel hy voor.

Coetzee raai ook aan dat mense wat gedurende die vakansie getrek het hul versekeringsmaatskappye so gou moontlik van die skuif in kennis stel. “Korttermynversekeringspremies word gegrond op die risikoprofiel van die woonbuurt waarheen jy verhuis. Jy kan selfs goedkoper premies geniet as jy na `n veiliger woonbuurt as die vorige verhuis,” verduidelik hy.

Coetzee sluit af: “Dit is belangrik om jou korttermynversekering ernstig op te neem. Dit moenie iets wees wat jy uitneem en dan van vergeet nie. Jy kan waarde uit jou versekering kry as jy elke jaar bietjie ekstra moeite insit en aandag daaraan skenk.”

[Foto deur Denese Lups van Phototalk.co.za]

Posted on by jonckie

Comments Off on Dit is weer tyd om jou korttermynversekeringskontrak onder die vergootglas te beskou