Dink aan jou versekering wanneer jy aanpassings maak aan jou voertuig!

In Engels verwys ons na “modifications” aan ons voertuie. Party motoreienaars is duidelik of te verveeld met hoe hul voertuie lyk – of te vindingryk om maar net “gewoon” te wees. Daar is ook by ander ‘n behoefte om die vermoëns van die voertuig te verbeter – en solank motoreienaars dink hul kan dit doen sal hul dit bly doen! Party van hierdie “nuutskeppings” verbyster en skok self met hul voorkoms!

Hierdie aanpassings of veranderinge kom voor in suspensie, stuurwiele, sitplekke, bande, uitlaatstelsels en vele ander!

‘n Goeie vriend van my René het dit treffend soos volg opgesom – ‘’Ek kan nie verstaan dat ingenieurs en ontwerpers jare studeer en voertuie tot in die fynste besonderhede ontwerp nie – en dan neem dit een ou in die Oos-Rand ‘n halfuur om te besluit maar sy Nissan 1400 bakkie moet eintlik SO lyk nie!”

Dit is belangrik dat die persoon wat die voertuig aanpas en wysig deeglik bewus is van die implikasies vir sy versekering. Nie net sal hy duidelik enige addisionele parte afsonderlik moet spesifiseer nie – maar hy sal ook moet verseker dat daardie voertuig steeds voldoen aan die vereistes van padwaardigheid!

Ek wil graag ‘n vraag gerig aan die Arrive Alive webtuiste deel met ons lesers. Hierdie vraag is gerig in Engels en ek wil dit graag so binne die konteks aanhaal:

“Question:

Was recently pulled over by the ghost squad who said that my car was too low. I have a 35mm drop on my car which is the least one can buy.
According to them any car that is dropped is illegal. They wanted to suspend my car license. Can u please clarify?
Do you by any chance have a write up of the laws regarding a cars roadworthiness/modifications? As far as I am concerened they were wasting my time!

Answer:

If you modify your vehicle it is in certain circumstances considered not to be roadworthy anymore.
The term modify includes changing the tare of your vehicle. I am not sure what the extent of the modifications are.
You could contact the Inspectorate of motor vehicles at the SABS – these days called the National Regulator – at 012 4287911 and ask them if your vehicles modifications would fall in that category.”

Gevolgtrekking:

Dit is belangrik vir die motoreienaar om by enige aanpassings fyn te let op hierdie vereistes van padwaardigheid. Indien dit blyk na ‘n ongeluk dat die voertuig nie padwaardig was nie, sal die versekering ‘n versekeringseis van die hand kan wees. Versekeringskontrakte bepaal dat die bestuurder te alle tye die voertuig sal bestuur in ‘n padwaardige toestand en volgens die padreëls.
Neem ook in ag dat baie van hierdie aanpassings wat ten duurste bekom word en ingebou word in die voertuig afsonderlik gespesifiseer sal moet word in die versekeringspolis!

Posted on by jonckie

Comments Off on Dink aan jou versekering wanneer jy aanpassings maak aan jou voertuig!