Belastingbetalers betaal duur vir die versekering van polisievoertuie

Wie verseker die regeringsvoertuie en veral die voertuie bestuur deur ons polisie? Ek is nie seker wat die antwoord is nie. maar ek is wel seker dat dit nie goedkoop versekering sal wees nie!

Die afgelope paar jaar het ons dikwels op die Arrive Alive webwerf ongelukverslae geplaas waarby polisievoertuie betrokke was. Die bestuurders van polisievoertuie is verseker ‘n hoë risiko groep aangesien hul dikwels teen hoë spoed moet bestuur om te reageer op noodsituasies. Vir hierdie reaksie eenhede kan ‘n paar minute ekstra en ‘n bietjie meer versigtigheid ongelukkig die dood beteken vir iemand wat aangehou word in ‘n gewapende roof…

Buiten dat hul dikwels die spoedgrense moet oorskry word daar ook op hul geskiet en probeer kriminele hul dikwels van die pad druk!

Alhoewel die publiek hul sal verskoon dat hul miskien minder versigtig mag bestuur in noodsituasies, is dit egter ook noodsaaklik om nie uit die oog te verloor dat ons ook elkeen instaan vir skade aan hierdie voetruie nie. Ongeag wat die versekeringspremies mag wees – daardie versekering word uiteindelik betaal deur die belastingbetaler en dus mag ons besorg wees oor onnodige skade deur swak bestuur!

Dit is uiters belangrik dat hierdie lede toegerus word met die nodige opleiding in gevorderde bestuursvaardighede!

Hier is ‘n paar van die ongelukke wat die beslastingbetaler ‘n ekstra traan in die oog mag besorg:

Posted on by jonckie

Comments Off on Belastingbetalers betaal duur vir die versekering van polisievoertuie