Verhoudingsbreuke mag dalk ook versekeringsbedrog oopvlek!

Wanneer verhoudings tot ‘n einde kom is daar gewoonlik min liefde tussen die partye. Dit is dan wanneer verborge geheime in die ope gestel word en waar partye mekaar dikwels in ‘n slegte lig stel. Dit is selfs moontlik dat kriminele gedrag wat tussen die partye stil gehou is sonder veel aarseling geopenbaar word. Een so ‘n voorbeeld is onvolledige en valse verklarings aan versekeraars.

Versekeringsbedrog en die weggesteekte Harley Davidson Motorfiets

‘n Harley Davidson motorfiets eienaar in Texas is daarvan beskuldig dat hy valslik beweer het dat sy motorfiets gesteel is terwyl dit al die tyd veilig weggesteek was in ‘n huis in Pasadena. Die feite is interessant genoeg om te deel:

Feite:

Ondersoekbeamptes het aangevoer dat die beskuldigde, David Brittain,41, vir Geico Direct Insurance Co. in June 2008 gekontak het en aangevoer het dat sy 1976 Harley gesteel is. Die versekeraar het die bedrag van $7,552 aan hom uitbetaal as deel van sy versekeringseis.

Die beskuldigde se gewese vriendin het egter ‘n ander weergawe van die feite aan die ondersoekbeampte meegedeel. Sy en die beskuldigde was vir ongeveer ‘n jaar in ‘n verhouding en die verhouding het tot ‘n einde gekom in 2009.

Die vriendin het vertel hoe die beskuldigde haar meegedeel het dat hy teenoor die versekeraars verklaar het dat motorfiets gesteel is, maar aan haar die motorfiets gewys het waar dit onder ‘n bedekte waentjie gestaan het in Pasadena.

Die motorfiets is later gebring na die meisie se huis waar dit in die motorhuis parkeer is. Tydens ‘n rusie in 2009, nadat sy gedreig het om sy bedrog bekend te maak, het hy geskrik en die motorfiets verwyder.

Hy was egter onbewus daarvan dat sy meisie se ma fotos geneem het van die motorfiets voor hy die geleentheid gekry het om die motorfiets te skuif! Brittain is borgtog toegestaan en sal weer in die hof verskyn.

Gevolgtrekking:

Die beskuldigde het ‘n goeie en harde les geleer en sal waarskynlik die straf ontvang wat hom toekom. Versekeringsbedrog is een van die redes waarom versekeringspremies voortdurend duurder word. Dit is belangrik dat meer mense bedrog rapporteer en dat die oortreders vervolg kan word.

Waar kan ek Versekringsbedrog rapporteer? Die telefoonnommer vir die bedroglyn – 0860 002526

Posted on by jonckie

Comments Off on Verhoudingsbreuke mag dalk ook versekeringsbedrog oopvlek!