Shatterprufe®-voorruite beveilig passasiers

Hoe veilig word jy beskerm deur jou voorruit wanneer jy op die pad gaan?

Die behoorlike vervaardiging en korrekte installering van motors se voorruite speel ‘n deurslaggewende rol om die passasiers te beveilig. Minderwaardige windskerms hou nie die passasiers binne in die voertuig en ander voorwerpe daarbuite in die geval van ‘n ongeluk nie. Die insittendes loop die risiko om uit die voertuig geslinger te word en kan selfs daaronder beland en pap gedruk word.

Shatterprufe®-voorruite, wat met die uiterste noukeurigheid deur ‘n divisie van die PG Group in Suid-Afrika vervaardig word, kan u lewe in sulke gevalle red. Net die beste materiaal word gebruik en dit red gereëld lewens op S. A. paaie.

Die PG Group is verbind tot die bevordering van verkeersveiligheid in Suid-Afrika. Daar is nogal heelwat verskille tussen sulke minderwaardige voorruite en dié wat deur Shatterprufe® vervaardig word.

Slegs nuwe viniel

 Party vervaarvaardigers van nie-oorspronklike onderdele gebruik herbenutte viniel om die twee glaskomponente van die voorruit aan mekaar te heg. Dit kan ‘n dodelike kombinasie wees. Waar sulke voorruite gebruik word, kan ‘n passasier se kop ten tye van ‘n ongeluk deur die voorruit bars en ernstige snywonde opdoen. Shatterprufe® gebruik slegs nuwe viniel
 Minderwaardige, swak geïnstalleerde voorruite spring uit tydens botsings. Die lugsak vlieg uit en die passasier word teen die paneelbord verpletter. Shatterprufe® bied ‘n stewige steun sodat die lugsak doeltreffend kan ontplooi en só die insittendes teen ernstige beserings beskerm.
 Nog ‘n problem met voorruite wat uitspring, is dat dit nie die funksie nakom nie om te keer dat die voertuig se dak meegee. Tot 30% van ‘n voertuig se struktuursterkte hang deesdae van die voorruit af. Shatterprufe®-voorruite is ontwerp om stewig te bly sit en te help keer dat die dak meegee. Dit verhoed dat die passasiers pap gedruk word.

Geen beeldverwringing nie

 Party nie-oorspronklike voorruite is dikwels verwronge en laat die oë van die bestuurder moeg word. ‘n Verwronge voorruit kan beeldverwringing veroorsaak sodat voorwerpe nader of verder lyk as wat dit in werklikheid is. Shatterprufe®-voorruite word nougeset getoets om verwringing uit te skakel.

Skade aan jou voorruit en Voertuigversekering

Nie lus vir ‘n gesukkel met versekeringseise nie? Onthou, waar dit met glas verband hou, pluis PG Glass-dienssentrums dit met graagte namens u uit.

Vir meer oor die veiligheid van jou voorruit / windskerm besoek gerus die Arrive Alive webtuiste en die volgende skakels in Engels:

so view:

Posted on by jonckie

Comments Off on Shatterprufe®-voorruite beveilig passasiers