Rampe maak 2011 tweede duurste jaar ooit vir versekeraars!

Versekeraars sal bly wees dat ‘n rampsoedige 2011 finansiële jaar tot ‘n einde kom. Die herversekeraar Swiss Re het bevestig dat ‘n verskeidenheid rampe meegebring dat hul eise gaan ontvang het ter waarde van 100 biljoen dollar [$100bn] – meer as dubbel die bedrag van 2010, en dus die 2de duurste jaar ooit!

Vloede in Australië

Dit is egter steeds minder as die geweldige groot bedrag van $123bn aan eise na die Orkaan Katrina in 2005 verwoesting gesaai het in New Orleans in die VSA.

Swiss Re is die 2de grootste herversekeraar in die wêreld en sal meer inligting bekendmaak ten opsigte van hierdie rampe en die verskeidenheid eise wat ontvang is.

Die vernaamste natuurrampe gedurende 2011 sluit in aardbewing en tsunami op 11 Maart in Japan, tornado’s in die VSA en vloede in Australië en Thailand.

Die effek van hierdie groot hoeveelheid eise is dat reserwes aan kapitaal uitgeput word en dit plaas druk op verskeraars en die bekostigbaarheid van versekeringspremies!

[Inligting van Reuters]

Gevolgtrekking en Wenke

Ons is gelukkig in Suid-Afrika om selde aan groot natuurrampe blootgestel te word. Ons grootste gevare sluit gewoonlik in vloede en veldbrande en dit is selde dat ons verneem van aardbewings en tornado’s in Suid-Afrika.

Dit is egter uiters gevaarlik om nie seker te maak dat jou besittings wel beskerm is teen hierdie gevare nie. As gevolg van die gebrek aan eise vir hierdie rampe is die gedeelte van die versekeringspremie wat hierteen beskerming verleen baie bekostigbaar.

Ek wil graag aanbeveel dat ons ook die volgende skakels hieronder besoek om meer uit te vind oor beskerming teen rampe. Dit is veral die bsekerming van ons huise, besigheidspersele en voertuie wat teen vloedskade beskerm moet word!

Checklist to protect from Natural Disasters

 

 

Does car insurance cover water damage?

Escape and safety from a vehicle submerged under water
4×4 Vehicles and water crossings

Ombudsman says your car insurance might not cover engine damage from driving through water!!

Posted on by jonckie

Comments Off on Rampe maak 2011 tweede duurste jaar ooit vir versekeraars!