Professionele persone word aangeraai om hul PPS polisse te hersien

Ons deel graag ‘n e-pos oor die belangrikheid om u PPS versekeringspolis te hersien. Hierdie insetsel word verskaf met erkenning aan aan Loren le Roux [M.Com (Ekonomie)] van Personal Trust.

Alle korttermynversekeringspolisse behoort ten minste jaarlikse hersien te word om aanpassings te maak vir o.a. waardevermindering van motors. Net so behoort langtermynverskeringspolisse ook jaarliks hersien te word.

Waarom is dit belangrik om u polis jaarliks te hersien?

(i) U PPS voordele word gekoppel aan u bruto jaarlikse inkomste. Hoe hoër u inkomste hoe meer voordele ontvang u, maar PPS moet ingelig word van u hoër inkomste.
(ii) Het u enige groepskema-voordele by die werk? Dit mag beteken dat u oor-of onderverseker is.

Hoe kan ek PPS beter verstaan?

PPS behoort aan sy lede en funksioneer onder die etos van gemeenskaplikheid. Ander versekeraars is meestal gelyste maatskappy op die aandelebeurs. Dit beteken dat PPS nie aandele op die beurs uitreik nie, maar slegs aan sy professionele lede. Die winste word verdeel aan die lede op ‘n jaarlikse basis. Dit is egter nie die geval by ander versekeraars waar die aandeelhouers en nie die polishouers die winste ontvang!

Vrae vir bestaande PPS lede:

• Wanneer laas is u polis hersien?
• Het u intussen van werk verander?
• Het u inkomste vermeerder? U PPS voordele word gekoppel aan u bruto inkomste. U voordele vermeeder soos u inkomste vermeerder, maar PPS moet ingelig word.
• Verlang u steeds dieselfde dekking i.t.v. dood-, ongeskiktheid-, siekte -, gevreesde siekte- en toevallige ongeluksdekking?
• Enige van die voorgemelde dekkingsopsies kan gekanseller of bygevoeg word tot u bestaande polis.

Vir nuwe PPS lede:

• Professionele persone wat kwalifiseer op grond van hul kwalifikasies. PPS het ‘n lys van kriteria, maar ‘n 4-jaar universiteitsgraad behoort te kwalifiseer. Toegang tot lidmaatskap kan maklik vasgestel word.
• Entrepreneurs en diegene wat vir hulself werk behoort lewens-, ongeskiktheid-, siekte-, en gevreesde siekte dekking te oorweeg waar groepsvoordele van ‘n werkgewer ontbreek.
• Professionle persone wat indiens is van ‘n werkgewer mag dalk addisionele dekking benodig waar die groepsvoordele te kort skiet. Groepsvoordele behels ook meestal nie gevreesde siekte dekking nie. Laasgenoemde is ‘n persoonlike besluit, maar u familiegeskiedenis behoort as riglyn te dien.

Wat onderskei PPS van ander versekeraars?

Hieronder volg ‘n kort opsomming van sommige PPS voordele:

1. Ander versekeraars gebruik die reël van ‘samevoeging’ van permanente ongeskiktheidsdekking, m.a.w. hul speel die een eis af teen die ander. Byvoorbeeld, u kan nie 2 x R30,000 van versekeraar A en B eis nie, selfs al betaal u premiums aan beide. Versekeraar A sal byvoorbeeld 75% of R22,500 betaal en versekeraar B sal 25% of dan R7,500 betaal per maand.
PPS gebruik nie die reël van ‘samevoeging’ van permanente ongeskiktheidsvoordele soos deur ander versekeraars toegepas nie; hul gebruik die riglyne van die Life Office Association (LOA) wat nou deel is van ASISA.

2. Ander versekeraars vereis dat u bewys moet lewer van die verlies aan inkomste, dit kan egter moeilik wees (by inkomstebeskermer en/of permanente ongeskiktheidsdekking).
PPS vra nie vir bewyse nie.

3. PPS se siektevoordele is uniek in die mark, en kan hospitaaldekking insluit (opsionele ekstra). Siektevoordeel: betaal vanaf dag 1 indien u siek was vir 7 dae of langer, selfs vir griep. Slegs ‘n doktersertifikaat word vereis. Die voordeel is belasting vry!
Meeste ander versekeraars sal nie vanaf dag 1 betaal nie en ook nie vir griep nie. U sal gehospitaliseer moet word vir ten minste 1 nag. Die voordeel kan belasbaar wees.

4. Meeste ander versekeraars is gelyste maatskappye en die aandeelhouers ontvang die dividende, nie die polishouers nie.
PPS is die enigste eksklusiewe voorsieningsvereniging in Suid-Afrika. PPS lede deel in die winste van die PPS Groep. Die verlede toon aan dat binne sewe jaar, die lid se voordele gelyk is aan sy/haar jaarlikse premies. Dit is bo en behalwe die uitsonderlike risikodekking wat teen kompeterende premies geniet word.

Is u bewus van PPS se Toevallige Doodsdekking?

Alle PPS lede kwalifiseer vir toevallige doodsdekking. Hierdie voordeel betaal ‘n lompsom uit by afsterwe waar ‘n toevallige dood betrokke is. Statistieke toon aan dat die twee algemeenste oorsake van toevallige dood by PPS lede motorongelukke (64%) en misdaad (20%) is.

Dit is algemeen by ander versekeraars om ‘n premie-belading te vra wanneer die polishouer ‘n gevaarlike sport of stokperdjie beoefen. Premie-belading is hier nie van toepassing by PPS lede nie en hul dekking is wêreldwyd.

Hierdie dekking is veral geskik waar u onderskrywingsrisiko u uitsluit om lewensdekking te bekom. Die PPS lid kan die Toevallige Doodsdekking uitneem om ook sy Surpluskortingsrekening (SKR) se voordele te vermeerder, m.a.w. te deel in die winste van die PPS Groep. Die SKR voordele word uitbetaal by dood.

 

PPS brei se gemeenskaplikheidsvoordele uit in 2012

Vanaf 1 Januarie 2012 sal ‘n nuwe winsdelingsmetode toegepas word vir elke kern PPS Provider produk per PPS lid. Dit beteken dat hoe meer PPS Provider produkte ‘n lid het, asook hoe groter die dekkingsbedrae, hoe meer voordele sal die lid geniet t.o.v. sy/haar allokasie tot die Surpluskortingsrekening (SKR) aan die einde van elke finansiële jaar.

Die eerste toedeling wat gebaseer gaan word op die nuwe metode sal in 2013 geskied nadat die finansiële inligting vir 2012 beskikbaar is.

Loren le Roux

M.Com (Economics)

Tel : +27 21 689 8975

Fax : +27 21 686 9093
Web : www.personaltrust.co.za
Email :lleroux@ptrust.co.za

 

 

 

 

Personal Trust International Limited
P O Box 476 Rondebosch 7701 Cape Town South Africa
Personal Trust House Belmont Park Belmont Road Rondebosch 7700 Cape Town South Africa

[Registered Financial Services Provider under licence No. FSP 707]

Posted on by jonckie

Comments Off on Professionele persone word aangeraai om hul PPS polisse te hersien