Padveiligheidsprojek vir feesseisoen geloods in Bloemfontein


Bloemfontein – 12 Desember 2011: Op Vrydag, 9 Desember het Life Rosepark Hospitaal en Shell Ultra City Pitstop hul padveiligheidsprojek vir 2011 bekendgestel aan die media, verteenwoordigers van die Departement paaie, polisie en Vervoer, Departement Toerisme en ander nooddiens verskaffers van die provinsie.

Op dié bekendstelling het privaat en openbare verkeers-en nooddienste in die Vrystaat hul verbintenis tot padveiligheid vir dié komende feesseisoen bevestig.

Mnr. Elias Sease, Direkteur van kapasiteit en padveiligheid van die Vrystaatse Departement paaie, polisie en vervoer het hul ondersteuning aan die projek gegee. Hy het gesê dat die departement se Arrive Alive projekte vanjaar fokus dat voertuig-bestuurders elke twee ure moet stop en rus asook die gevare van dronkbestuur en spoed.

Direkteur Elias Sease bevestig sy ondersteuning vir Padveiligheid

Volgens Hannika Struwig, bemarkingsbestuurder van Life Rosepark Hospitaal is die hospitaal se paramedici en hul mede-nooddiens verskaffers op 24-uur diens elke dag van die feesseisoen. John William’s Motors het ‘n Dodge Caliber aan Rosepark geskenk vir dié periode om te gebruik as ‘n addisionele noodvoertuig op die provinsie se paaie. Hulle sal dus die N1, N3 en N6 hoofweë heeltyds kan patroleer en konstant met mekaar in verbinding wees oor die verkeersvloei asook insidente en ongelukke aan mekaar rapporteer. Sodoende word ‘n wyer area gedek en kan motoriste verseker wees dat hulle vinnige verkeers-en mediese-bystand sal kry in ‘n nood- of ongeluksituasie.”

Op Vrydag, 16 Desember, word ‘n bewusmakingspromosie aangebied by die Shell Ultra City Pitstop, Bloemfontein. Dié promosie is gerig op motoriste en inwoners van die stad wat by die vulstasie stop om seker te maak dat hulle en hul voertuie padveilig en gereed is vir die langpad.

Verskeie besighede het hulself beskikbaar gestel vir dié dag en sal verskeie dienste aan motoriste verskaf. Pathcare sal glukose en cholesterol toetse uitvoer, Bridgestone sal sorg dat motorbande in ‘n goeie- en padwaardige kondisie is, Autozone sal battery toetse uitvoer en noodtoerusting bemark, en Glasfit sal sorg dat motorruite heel gehou word. Daar sal ook pryse en geluktrekkings op die spel en ‘n hanswors met allerhande toertjies en speletjies vir die kinders.

Me. Nomvula Tlale, projek-en promosiekoördineerder van die Departement Toerisme het bevestig dat die department dié padveiligheidsprojek heelhartig ondersteun en ook verskeie toerisme projekte en aantreklikhede aan motoriste gaan bekenstel sodat hulle meer tyd in die Vrystaat provinsie spandeer.

John Williams Motors oorhandig die Dodge Caliber

Inligting Uitgereik namens:
Life Rosepark Hospitaal & Shell Ultra City Pitstop

Posted on by jonckie

Comments Off on Padveiligheidsprojek vir feesseisoen geloods in Bloemfontein