Hotel in Australië nooi gaste om te probeer om ‘n skildery van $15,000 te steel!

Kunswerk deur Banksy

Sal jy byt aan die uitnodiging om ‘n skildery van $15,000 by ‘n hotel te prober steel? Raar maar waar – en dit is presies wat ‘n hotel in Melbourne besig is om te doen met twee voorwaardes – jy mag nie gevang word nie en jy moet ‘n gas in die hotel wees!

Die Art Series Hotel Groep bied die geelentheid aan gaste om ‘n kunswerk van die graffiti kunstenaar Banksy te steel van een van sy persele.

Die eerste persoon wat daarin slaag om die kunswerk te steel sal geregtig wees om die kunswerk te behou. Indien jy egter gevang word sal die kunswerk teruggeplaas op die muur.

Die kunswerk onderteken deur Banksy is waardeer teen $15,000 en illustreer twee kinders wat ‘n “No Ball Games” teken in die lug werp.

Die Hoof Uitvoerende Beampte van die Art Series Hotel, Will Deague sê “Alhoewel ons nie normaalweg die steel van kunswerke by die hotel aanmoedig nie is ons opgewonde oor die konsep en verwelkom ons die gaste se vaardigheid en kreatiwiteit.”

Interessante agtergrond van kunswerk

Die kunswerk het ‘n interessante oorsprong en direkte band tot diefstal. In 2007 het diewe ‘n hele gedeelte van die muur in London Straat waar Banksy die illustrasie aangebring het, met ‘n hoekslyper verwyder. Dit is later gevind op die webwerf van eBay waar dit te koop aangebied is vir $A30,900.

Die kunswerk sal geskuif word tussen 3 hotelle van Art Series -Die Cullen, Die Olsen en Die Blackman – tussen 15 Desember en 15 Januarie volgende jaar.

Gevolgtrekking

Hierdie is waarskynlik ‘n interessante bemarkingsfoefie en sal die aandag plaas op hierdie hotelgroep sowel as die ander kunswerke. Daar is geen twyfel dat dit ook die aandag sal plaas op die beskerming van kuns en sekuriteit rondom kunswerke nie.

Of dit egter “kwaliteit gaste” sal trek is ‘n ope vraag. Dit sal miskien gepas wees vir ander gaste om min waardevolle items met hul saam te neem wanneer hul gaan oornag in ‘n hotel waar van die mees vaardige skelms ook mag vertoef!

Vir meer oor kunsversekering besoek die volgende skakels:

Art Insurance should protect from traffic related accidents

Posted on by jonckie

Comments Off on Hotel in Australië nooi gaste om te probeer om ‘n skildery van $15,000 te steel!