Gee ons genoeg aandag aan ons versekering?

Aan die einde van 2011 is dit goed om ‘n paar oomblikke te neem, en terug te dink aan dit wat ons gedoen het gedurende die jaar en dit wat ons beter sou kon doen…

Indien jy eerlik moet wees –hoeveel tyd het jy die afgelope jaar aan jou versekering bestee? Nie aan jou volledige finansiële beplanning en pensioenfonds bate allokasie en daardie meer tegniese goeters nie – bloot aan jou huisversekering en voertuigversekering?

Vir meeste van ons is dit baie laag op ons prioriteitslysie. Wel, totdat die ongeluk ons tref,dan is die hel los rondom ons en moet die versekeraar of makelaar maar reg staan om te koes.

Ek wil hierdie punt illustreer met ‘n paar vrae:

  • Weet jy presies waar jou poliskontrak is?
  • Weet jy wat is die bedrag wat jy huidig betaal vir jou huis en huisinhoudsversekering sowel as jou voertuigversekering?
  • Het jy jou versekeraar of makelaar se nommer op jou selfoon?
  • Het jy die afgelope jaar, behalwe vir die indien van ‘n versekeringseis, enige navraag tot jou versekeraar of makelaar gerig on enige onsekerheid uit te klaar of duideliheid oor enige iets te kry?
  • Het jy die afgelope jaar kwotasies van verskillende versekeraars met mekaar vergelyk?
  • Lees jy korrespondensie van jou versekeraar sorgvuldig deur of gooi jy dit eenkant om moontlik later te lees…?

Lojalitieit teenoor die makelaar

Baie Suid-Afrikaners kom uit ‘n kultuur van lojalitieit en vertroue. In die dae voor direkte versekeraars het baie van ons se ouers vir jare ‘n pad gestap saam met een spesifieke makelaar, en dikwels nog saam met die se seun wat die praktyk by hom oorgeneem het ook.

Ek self is skuldig daaraan dat ek dikwels te veel my vertroue maar stel in my makelaar. Bennie Makelaar se nommer is op my foon en as daar ‘n krisis is dan moet Bennie maar uitsorteer. Ek kry gereeld pos van die versekeraar en behalwe om miskien te let op hoeveel persentasie punte alles weer opgaan moet ek erken ek gee ek te min aandag aan my versekering.

Nou en dan beindruk Bennie Makelaar vir my wanneer hy my skakel en meedeel dat hy my voertuigversekering gaan aanpas met die waardevermindering wat in ag geneem word. Hy het my ook al meegedeel dat sy versekering van versekeraar skuif as gevolg van premie en voordele en so aan…

Maar is ek sorgvuldig genoeg?

Ek is een van die persone wat dit in verkiesingstyd duidelik gestel het dat as jy nie jou kruisie maak nie, dan het jy ook nie die reg om te kla as jou gekose leiers strooi aanjaag nie!

Dieselfde behoort waar te wees ten opsigte van versekering! As jy nie bereid is om bietjie moeite te doen nie, moet jy ook nie kla oor versekeringspremies wat styg of wanneer jy jou versekeringskontrak verkeerd verstaan het nie.

Altyd goed om deeglik notas te neem!

Gevolgtrekking

Daar is vandag veel meer mededinging in die versekeringsindustrie as 10 jaar gelede. Dit bied baie geleenthede vir die verbruiker wat kan baat by ‘n veel weier reeks versekeringsprodukte sowel as mededingende pryse.

Soos al meer verbruikers gemaklik raak met die internet en transaksies sluit oor die internet is dit beide direkte versekeraars en die meer tradisionele versekeraars wat hierdie aanlyn mediums effektief aanwend om kliënte te werf en te behou!

Jy kan versekering oor die internet aankoop – en selfs al verkies jy om gebruik te maak van ‘n makelaar, kan jy die internet gebruik vir jou navorsing en om jou in staat te stel om die regte vrae te vra aan jou makelaar!

Ons onderneem om deur Gesels Versekering vir ons lesers wenke te gee hoe hul te werk kan gaan ten einde te verseker dat hul die regte versekering vir hulle behoeftes vind!

Doen meer navorsing oor jou Versekering!

Posted on by jonckie

Comments Off on Gee ons genoeg aandag aan ons versekering?